Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Klein Plengoffer" deur BREYTEN BREYTENBACH
"Klein Plengoffer" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #22316] |
Tue, 06 April 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
KLEIN PLENGOFFER
Breyten Breytenbach
'n klein bietjie kitaargefluit
'n olyf of twee
'n vingervol brood
koel etruskiese bloed van die druif
en pyn is nie in my nie
pyn ril vanself
en wanhoop is nie in my nie
wanhoop kla op sy eie
en honger is nie in my maag
honger gier in sy eie buik
dood teel nie in die holtes van my lyf nie
en dood sal sonder my leef
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Sun Feb 16 18:15:07 UTC 2025
|